Alumni

Geagte skoolhoof,

Dis vanoggend met n trotse hart wat ek en die klas van 1985 u wil bedank vir die gebruik van die skoolgronde en die skoonmakerpersoneel.

Dit was ‘n fantastiese naweek en het ons lekker gekamp en gekuier.

Dankie aan Thabang en Poerie. Sulke vriendelike diens en so behulpsaam, sowaar n aandeel vir die skool.

Oor 3 jaar is dit ons 50 jarige reunie en sal ons weer kontak met skool maak.

Die witstinkhoutboom is geplant en is dit ons wens dat ons nageslagte nog onder daardie boom sal kan sit.

Ek heg graag n paar fotos by as bewys van die boomplant en kuier saam met van die oudonnies.

Baie dankie vir die geleentheid en mag Schoonies gaan van krag tot krag. Viva Schoonies.

Hester Esterhuizen