Skooldrag Leerlinge

REËLS MET BETREKKING TOT VOORKOMS EN SKOOLDRAG

  • Skooldrag moet gedurende skoolure en skoolaktiwiteite gedra word.
  • Skooldrag bring eenvormigheid wat absoluut noodsaaklik is.
  • Leerders se skooldrag en persoon moet te alle tye netjies en skoon wees.

MEISIES:     

Skooldrag SOMER: Maandag tot Vrydag:

  • Rok: Voorgeskrewe skoolrok
  • Kouse en skoene: Slegs wit enkelsokkies (omvou) en swart skoolskoene (veters of bandjies)
  • Trui: Voorgeskrewe oortrektrui en/of skooltrui
  • Skoolkleurbaadjie word by somersdrag toegelaat.

Let wel: géén sweetpakbaadjie/wintersbaadjie of sportbaadjie mag gedra word nie.

MEISIES

Skooldrag WINTER: Maandag tot Vrydag:

  • Romp: Voorgeskrewe donkerblou (navy) skoolromp
  • Langbroek: Donkerblou langbroek
  • Hemp en das: Wit langmou-toeknoop hemp en voorgeskrewe skooldas
  • Kouse en skoene: Donkerblou (Navy) diggeweefde sykouse(tights) swart skoolskoene
  • Géén ander kleur sykouse/diggeweefde sykouse word aanvaar nie. Géén gewone sykouse mag gedra word nie.
  • Trui: Voorgeskrewe oortrektrui of skooltrui.
  • Baadjie: Kleurbaadjie asook wintersbaadjie (opgestop)/sweetpakbaadjie mag gedra word
  • Serp: Slegs skoolserp gedra volgens voorskrif                 

SEUNS

Skooldrag SOMER: Maandag tot Vrydae

  • Broek: Grys kortbroek met swart gordel
  • Hemp en das: Wit kortmouhemp met of sonder sakwapen op en skooldas
  • Kouse en skoene: Grys skoolkouse en swart toerygskoene (geen gespeskoene of insteekskoene nie)
  • Trui: Oortrektrui (pull-over) en/of skooltrui   
  • Skoene moet poleerbaar wees

Saalopening op Maandag: skooldas verpligtend!

Skooldrag WINTER: Maandag tot Vrydag

  •  Broek: ‘n Grys langbroek met swart gordel,
  • Hemp en das: Wit langmouhemp met of sonder sakwapen en skooldas
  • Trui: Skooltrui en of oortrektrui     
  • Baadjie: Skoolkleurbaadjie/skoolwintersbaadjie(opgestop) of sweetpakbaadjie mag gedra word. 
  • Serp: Slegs skoolserp gedra volgens voorskrif
  • Skoene moet poleerbaar wees.

Saalopening op Maandag: skooldas verpligtend!

Sportbyeenkomste  MOET  in skooldrag ondersteun word. Leerders in siviele drag sal nie by sportgeleenthede toegelaat word nie.

KLEREDRAG VIR SPORTGELEENTHEDE

SEUNS EN MEISIES

  • SHS-gholfhemp
  • SHS-sportbroek
  • SHS-wit kouse
  • SHS- sweetpak
  • Oorwegend wit tekkies
  • Gedurende die winter mag die dik, opgestopte SHS-baadjie ook gedra word.
  • ’n Skooltrui mag gedra word, maar nie sonder die sweetpakbaadjie nie.

Let wel: Die skooloortrektrui mag wel saam met die sweetpakbroek of SHS-sportbroek gedra word.

KLEREDRAG VIR TOESKOUERS

Sportbyeenkomste MOET in skooldrag ondersteun word.

Op versoek van die hoof mag die leerders per geleentheid/byeenkoms die volgende klere dra:

  • SHS-gholfhemp
  • Denim (netjies/donkerblou/nie uitgerafel nie)
  • Tekkies oorwegend wit
  • Dogters mag donkerblou/eit/swart “pumps” dra

KLEREDRAG VIR SPORTSPANNE

  • Elke sportsoort het ’n unieke drag wat vervat word in die sportsoort se reglement – dit word jaarliks hersien.
  • Slegs eerstespanne se kleredrag mag van jaar tot jaar verander.
  • Res van die spanne dra gewone voorgeskrewe drag
  • Provinsiale en sportspanbaadjies (eerstespanne) mag net op Maandae en Vrydae gedra word.