Hoof
Welkom
Welkom by Hoërskool Schoonspruit Klerksdorp.
Hier is ons wagwoord: Menslike Uitnemendheid.
Dit is hier waar ons leerders se reis begin.
Waar hulle hul toekoms ontwerp.
Waar hulle hulself ontdek en ontgin.
Hier leer hulle dat die enigste onmoontlike reis, díé een is wat hulle nooit begin het nie.
Kom reis saam.
Met enige reis is daar soveel menslike interaksie nodig om ‘n veilige en suksesvolle reis te verseker.
Om elke leerder se droomreis ‘n werklikheid te maak, is menslike uitnemendheid ‘n vereiste.
Schoonies se onderwysers is elkeen ‘n deskundige op sy/haar vakgebied. Hulle is die grondpersoneel wat die belangrike vertrekpunt op grondvlak behartig en hanteer. Hier word voorberei, toegerus, afgerig en onderrig, die kennis, insig en wysheid, wat elke leerder se droomreis suksesvol afrond, word hier gelê.
Ons ouers is die lojale, bemoedigende en kreatiewe lugpersoneel wat met liefde toesien dat hulle kinders gemaklik, veilig en entoesiasties tydens die vlug is.
Ons betrokke gemeenskap is die bekwame vlugbemanning, wat die vliegtuig veilig op koers en in die lug hou.
Só gee ons vir mekaar om!
Verseker Schoonies.
Ons glo dat leerders tydens hul hoërskoolreis van vyf jaar by Schoonies, hulle in hul volle menswees vir die lewe voorberei.
Hier by ons is plek vir elke leerder om te droom, te waag, te groei en om te floreer.
Om hul spesifieke en unieke gawes en talente te ontwikkel.
Menslike uitnemendheid.
Menslike uitnemendheid is ons doelwit.
Om aan elke leerder ‘n geleentheid te bied om tot die heel beste te ontwikkel.
Om beginselvaste, gelowige, eerlike en doelgerigte jongmense te wees.
Sodat hulle die eise van ‘n uitdagende samelewing met selfvertroue betree.
Dit geld op sport-, kultuur- en op akademiese gebied.
Nog belangriker vir ons, is die menslike faktor.
Dat elke leerder aan die einde van hulle vyf jaar lange reis, die grootmenswêreld met selfvertroue, opgewondenheid en doelgerigtheid betreë… maar meer nog …as ‘n lojale, betroubare en staatmaker medemens in die werksplek en gemeenskap.
